As prokureurs weet ons dat dit frustrerend kan wees om jou huurdeposito terug te kry. Hier is wat jy nodig het om die proses vlot te laat verloop:

Belangrike dokumente vir jou eis:
- Getekende huurkontrak – veral klousules oor deposito & rente
- Bewys van betaling – bankstate of betalingsbewyse
- Inspeksieverslae – in- en uit-trek foto’s/verslae
- Bewys dat daar geen skade is nie – foto’s, verklarings, korrespondensie
- Rente op jou deposito – bankstate indien moontlik
- Korrespondensie met die verhuurder – WhatsApp, e-posse of briewe
Hoe vollediger jou dokumentasie, hoe sterker is jou saak!
Vra gerus raad as jy onseker is. Ons is hier om te help.